Wednesday, 20 February 2013

Gekrummelde Varktjops




(4 porsies)
•250 g broodkrummels
•handvol vars gemengde kruie (tiemie, roosmaryn en origanum), gekap
•8 varktjops
•sout en varsgemaalde swartpeper
•2 eiers, geklits

•60 ml olyfolie
•6 aartappels, gekook tot sag
•150 ml melk
•60 ml botter
•5 ml neutmuskaat, gerasper
•250 ml tzatziki (koop dit sommer)

Meng broodkrummels en kruie. Geur varktjops met sout en swartpeper. Doop tjops in geklitste eier en dan in broodkrummels. Verhit olyfolie en braai varktjops sowat 5 - 8 minute per kant tot goudbruin en gaar. Druk gaar aartappels fyn met 'n aartappeldrukker terwyl dit nog warm is. Voeg melk, botter en neutmuskaat by. Meng goed tot glad en romerig. Geur met sout en swartpeper. Sit warm tjops voor met kapokaartappels, tzatziki en slaai van jou keuse.
Wenk: Gebruik hoenderborsies as jy dit verkies. Slaan hulle effens plat met 'n vleishamer.