Thursday 17 January 2013

Vinnige Mieliekoekies met Guacamole




Olyfolie vir vlakbraai
6 sprietuie, fyngekap
2 knoffelhuisies, fyngekap
2 klein rooi brandrissies, ontpit en fyngekap 500g bevrore heelpitmielies of 1 blik gedreineer 125g bruismeel Sout en peper
2 eiers geklits
Vars koljanderblare om voor te sit

Verhit olie en braai die uie, knoffel en rissie vir 5 min totdat dit sag is. 
Meng die meel, 'n knippie sout en peper en die eiers.  Voeg die mieliemengsel daarby en meng dit goed.

Verhit olie in pan tot matigwarm.  Braai dan lepels vol van die beslag daarin.  Dreineer op kombuispapier.  Sit voor saam met guacamole, vars tamatie, uie en gekapte koljander, ook lekker saam met gebraaide vis of hoender.

Wenk:  jazz die koekies op met gekapte ham of garnale by die mengsel te voeg.

Guacamole

2 ryp avo's
Halwe rooiui, fyngekap
1 knoffelhuisien fyngekap
1 rooi brandrissien saadjies verwyder en fyngekap Sap van 'n halwe suurlemoen Sout en swartpeper na smaak Tabascosous na smaak

Sny avo in blokkies en druk die helfte daarvan met 'n vurk fyn.  Meng alles saam.  As jy verkies meng 'n eetlepel dik jogurt daarby