Thursday 24 January 2013

Versiering vir muur



Jy benodig:Ou dakteël, met gaatjies klaar in geboor
Terracotta-potjie
Epoksie
Versierings soos krale, verf, teëltjies of klippies
Ekstra sterk projekgom, om versierings vas te plak
Ronde klip


Begin deur die terracotta-potjie met die epoksie aan die dakteël vas te maak. Die epoksie vat ongeveer 4 tot 5 ure om goed droog te word. Gebruik 'n ronde klip om die potjie aan die onderkant te steun. Plak dit ook met die epoksie vas.

Na die epoksie goed droog is, kan jy begin om jou pothanger te versier. Jy kan dit met mosaïekteëltjies, krale en klippies versier of selfs 'n mooi prentjie daarop verf. Skroef dit daarna stewig aan 'n buitemuur vas.

In die potjie kan jy 'n meerjarige lobelia of impatiëns plant – dit sal mettertyd pragtig oor die kant van die pot hang.