Thursday 24 January 2013

Tuisgemaakte limonade




Ongeveer 3 liter
  • 12 suurlemoene
  • 400 g (500 ml) suiker
  • 3 liter water
  1. Druk die sap van die suurlemoene uit en maak seker daar is geen pitte in nie.
  2. Gooi die suiker by die suurlemoensap.
  3. Gooi die water by en roer tot die suiker opgelos is. Nou moet jy eers proe. As die limonade vir jou nog te suur is, kan jy nog suiker byvoeg, maar min op ’n slag.
  4. Gooi die limonade in bottels (jy sal omtrent ses 500 ml-bottels hieruit kry).
  5. Sit jou limonade in die yskas sodat dit lekker koud kan word.