Thursday 31 January 2013

Tuin piekniek tyd

Somertyd is die ideale tyd om jou tuin te geniet en die vrugte te pluk van al die blommetjies en struike wat jy deur die jaar geplant het.  Nou is die tyd om 'n heerlike piekniek of sommer buitelug aandete te geniet onder daardie skaduboom wat so mooi groei.  (As jy nou nog nie 'n skaduboom in jou tuin het nie, plant een sodat jy volgende somer saam kan gesels.)  Heerlike somersaande met kerslig buite - ai dit klink lekker.

Jy het nie 'n fantastiese, asemrowende, oortreflike trap- tuin nodig nie.  Solank jy 'n skaduplekkie het (verkieslik onder 'n mooi boom wat spikkel skadu gee), kan jy ook deel in die pragfoto idee. 
Duur tuinstelle is nie nodig nie - 'n kombers op die grond werk ook. 
Duur aansit etes is nie nodig nie - worsrolletjies werk ook of sommer net 'n verskeidenheid broodjies. 
Duur lanterns is nie nodig vir lig nie - lang wit kerse in die grond gedruk werk ook. 

Geniet 'n slaggie die heerlikheid van buite wees op 'n somersaand en verbeel jou jy is erens op die Franse platteland tussen die landerye......  Mens kan mos maar droom en die mooi en heerlike van die lewe geniet.