Thursday 31 January 2013

Kandelare vir die tuin

 As jy erens 'n ou kandelaar het wat in die garage rondlê, of jy kan dalk een vir baie goedkoop by 'n vlooimark uitgrawe, kan jy ook 'n pragtige prentjie in jou tuin skep. 

Ou kandelare kan geverf word (of sommer "spraypaint") en dan kan jy kerse daarop plaas om 'n wonderlike atmosfeer in die tuin of selfs braaikamer te skep.  Geen elektriese bedrading is nodig nie, so dis 'n oulike projek vir enige iemand om aan te pak.

Wenke:

1)  Maak seker dat die boomtak of dakbalk waaraan jy die kandelaar vasmaak, die gewig kan dra.  (Sommige kerse kan baie swaer wees.)
2)  Maak seker dis op 'n hoogte waar mense nie teen dit sal kan stamp, teen dit kan vasloop of kinders dit dalk kan bykom nie.
3)  Wanneer jy 'n kandelaar kies, kies een wat baie kerse kan hou.  'n Klomp kleinerige kerse maak 'n baie mooier prentjie as een of twee groot kerse.