Monday, 21 January 2013

Klein Hoenderpasteitjies

Lewer ongeveer 24 pasteitjies
Kors:
500 ML (2 k) koekmeel
knypie sout
5 ml (1 t) bakpoeier
250 g (½ blok) botter
250 ml (1 k) suurroom
Vulsel:
1 hoender, gaar en gevlok
knypie fyn neutmuskaat
2 heel naeltjies
varsgemaalde swartpeper na smaak
500 ml (2 k) hoenderaftreksel
15 ml (1 e) asyn
5 ml (1 t) Worcestershiresous
Stel oond op 180°C.
1. Kors Sif koekmeel, sout en bakpoeier.
2. Vryf botter by koekmeel in tot dit soos broodkrummels lyk.
3. Roer suurroom by en meng tot deeg vorm.
4. Plaas deeg in plastieksakkie en verkoel vir 30 minute in yskas.
5. Rol deeg 3mm dik uit. Druk sirkels met 10cm deursnee uit en voer muffinpannetjies wat met kossproei gespuit is daarmee.
6. Bedek en hou in yskas tot benodig.
7. Vulsel Verhit bestanddele vir vulsel in kastrol tot kookpunt.
8. Draai hitte laer en laat kook tot vloeistof omtrent helfte minder is.
9. Skep deeg in gevoerde muffinpannetjies en plaas “deegdekseltjies” met ongeveer 8 cm-deursnee bo-op uit wat uit orige deeg gedruk is.
10. Maak kante van deeg met water nat en druk bymekaar.
11. Verf bietjie melk bo-oor.
12. Bak vir 18 minute of tot goudbruin.