Sunday 27 January 2013

Eetbare Pynappelblomme

Kan jy glo dis pynappel blomme?  Gemaak van gewone pynappelskywe?  Iemand het met ons hierdie oulike idee gedeel:

Jy neem 'n pynappel en sny dun skyfies wat jy op 'n bakplaat in die oond droog. Dan laat jy dit oornag in 'n kolwyntjiepannetjie om die vorm van die blommetjie te maak en dis dit.  Maklik en pragtig.