Wednesday 12 December 2012

Koue ertjie-en-kruisement- sop





'n Koue sop op warm dae is 'n lafenis, veral met die vars groen smaak van kruisement en ertjies. Voeg 'n bietjie sout by wanneer jy die ertjies kook om die groen kleur te behou. 4 porsies
  • 500 ml groente-aftreksel
  • 700 g bevrore ertjies
  • 2 ml suurlemoensap
  • 20 kruisementblare
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Verhit groente-aftreksel in 'n kastrol. Voeg ertjies by en kook vir 10 minute. Haal van hitte af en voeg suurlemoensap en kruisementblare by. Laat eers 'n bietjie afkoel voor jy die sop in 'n versapper gooi. Versap tot glad en geur met sout en swartpeper. Sit voor met parmesaan-kaas-crisps.

Parmesaan-kaas-crisps
(4 crisps)
  • 50 g parmesaan-kaas, fyngerasper
  • 12 kruisementblare
Verhit oond tot 200 °C. Plaas gerasperde kaas in lang stroke op 'n uitgevoerde bakplaat. Bak tot gesmelt en bruin. Haal dadelik uit die oond en druk drie kruisementblare op elke crisp vas. Laat afkoel op bakplaat.