Monday 10 December 2012

Geroosterde steurgarnale met brandrissies en koljander




Die resep is al die moeite van steurgarnale skoonmaak werd. 
Genoeg vir: 4
Gaarmaaktyd: 10-15 minute
·         600 g groot steurgarnale, skoongemaak en gevlek
·         175 ml olyfolie
·         2 vars rooi brandrissies, gekap (verwyder die pitte as jy nie van 'n sterk brandsmaak hou nie)
·         'n goeie hand vol vars koljanderblare, gekap
·        
3 vet knoffelhuisies, gekneus
·         sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
1 Sit die steurgarnale in 'n groot mengbak.
2 Meng die olyfolie, brandrissies, koljanderblare, knoffel en sout en swartpeper na smaak en gooi dit oor die steurgarnale. Meng deur en laat dit eenkant staan tot die kole gereed is.
3 Rooster die steurgarnale (met die gevlekte kant na bo) oor matige kole totdat dit verkleur en die sterte omkrul. Bedruip deurgaans. Verwyder die steurgarnale van die kole sodra dit gaar is om te keer dat dit oorgaar word en sit dit dadelik voor.