Tuesday 11 December 2012

ANDERSE PIESANGSLAAI:




Hierdie is 'n slaai wat jy in minute kan voorberei en as bygereg tot 'n braai of kerriegereg kan bedien

5 ryp, maar ferm piesangs            
5 droë appelkose, gesnipper
125 ml grenadellajogurt           
37,5 ml kondensmelk

1.  Sny die piesangs in skyfies in 'n slaaibak.  Voeg die gesnipperde appelkose by.
2.   Meng die jogurt en kondensmelk en voeg by die vrugte.  Meng liggies met 'n vurk