Monday 19 November 2012

Somerskersfees nagereg - spanspek

Nagereg vir kersdag of enige tyd in die vakansie: Neem 'n spanspek en hol dit uit. Gebruik die binneste om ook in blokkies te sny en te meng met jou ander vrugte om 'n heerlike vrugteslaai te vorm.
Skep in halwe spanspek wat gebruik word as bakkies. (Ideaal as jy kamp oor kerstyd en nie bakkies byderhand het nie.) As jy by die huis is en mint blare in jou tuin het kan jy dit as versiering by sit