Monday 19 November 2012

Kersfees klokkies as versiering

Daar was 'n gesegde:  "Wanneer kersfees klokkies lui, kry engeltjies vlerkies".
  Gebruik klein klokkies om jou huis op te vrolik. 
  • Hang hul aan linte saam met dennebolle voor 'n kaggel of venster. 
  • Versier jou kers servette met klokkies wat jy aan gekleurde pypskoonmakers vas maak en om die servette draai met 'n groen takkie daarby. 
  • Gebruik hul ook om die voetstuk van glase vasgemaak met 'n gekleurde lint sodat jou gaste kan onthou wie se glas behoort aan wie.  (elke lint verskillende kleur)
  • Of hang hul aan linte aan jou kersboom as kersversierings.