Friday 2 November 2012

SJOKOLADE EN KOFFIE SOMER DRANKIE





Die Nataniël Tafel

JY BENODIG

200g swartsjokolade, grofweg gekap
2 koppies moerkoffie reeds gemaak met melk
4 e koffie likeur
ys

METODE

Plaas die sjokolade in 'n hittebestande bakkie oor 'n pot pruttende water. Roer totdat dit gesmelt het. Laat 'n bietjie afkoel. Meng 2 koppies moerkoffie in die gesmelte sjokolade en klits om te meng. Voeg koffie likeur by en meng. Breek ys effens in ‘n sak en plaas gebreekte ys in ‘n glas. Gooi afgekoelde sjokolade mengsel oor ys in die glas.