Friday 2 November 2012

SJOKOLADE EN HASELNEUT OMELET





Die Nataniël Tafel

JY BENODIG

2 e pasgekapte haselneute
60g swartsjokolade, grofweg gekap
4 eiergele
3 e strooisuiker
5 eierwitte
sout
30g ongesoute botter
1 e kakaopoeier

METODE

Roerbraai die haselneute in 'n droë pan oor matige hitte tot goudkleurig. Hou eenkant. Plaas die sjokolade in 'n hittebestande bakkie oor 'n pot pruttende water. Roer totdat dit gesmelt het. Laat 'n bietjie afkoel. Klits die eiergele en suiker met 'n elektriese klitser vir 1 min. of totdat dit dik raak. Voeg die gesmelte sjokolade by en klits goed. Klits die eierwitte met 'n knippie sout tot stywepuntstadium. Vou 'n derde op 'n slag in die sjokolademengsel in. Vou die haselneute in. Voorverhit die oondrooster. Smelt die botter in 'n middelslagpannetjie. Giet die sjokolademengsel daarin sodra die botter begin skuim. Kantel die pan totdat die mengsel die bodem eweredig bedek. Bak oor lae hitte vir 1 – 2 min. of totdat dit halfpad gestol en borrels aan die bokant gevorm het.
Sit onder oondrooster en bak tot gaar. Sny in vier skywe en skep op dienborde. Bestuif met gesifte kakaopoeier. Dien op met vanieljeroomys en vars of bevrore bessies.