Sunday 18 November 2012

mielie souffle

Christel Stephenson

Hanno se Mielie-soufflé met Feta

‘n Makliker en vinniger resep as hierdie gaan jy nie maklik kry nie. Behalwe vir die room, is dit bestanddele wat mens altyd in jou koskas het. Baie lekker saam met braaivleis as hy net uit die oond kom, of sn
y hom in blokkies vir souttert as hy uit die yskas kom…

1 blik roommielies
1 blik pitmielies
250ml room
2 eiers
5ml bakpoeier

62,5ml (kwart koppie) mieliemeel

125ml (halwe koppie) cheddar kaas, gerasper
knypie sout
1 wiel Feta-kaas

Gooi alles behalwe die Feta-kaas bymekaar in ‘n mengbak en roer deur. Krummel die Feta-kaas bo-oor. Bak vir 45min op 180 grade.