Wednesday 21 November 2012

Klewerige varkribbetjies




Klewerige varkribbetjies   
Genoeg vir: 4

1 kg varkribbetjies

BEDRUIPSOUS
·         180 ml suiker
·         500 ml asyn
·         90 ml gladde appelkooskonfyt
·         90 ml tamatiepuree
·         60 ml HP-sous

·         100 ml sojasous
·         90 ml sjerrie
·         1 duimgroot stuk vars gemmer, fyngerasper
·         2 vet knoffelhuisies, gekneus
·         knypie rooipeper
·         150 ml water
1 Berei die bedruipsous: Los die suiker in die asyn op deur dit in 'n klein kastrolletjie te roer oor lae hitte. Sodra die suiker opgelos het, laat jy die mengsel kook en prut tot 'n ligte karamelkleur. Voeg al die ander bestanddele by en roer tot gemeng.
2 Plaas die ribbetjie in 'n oondroosterpan en gooi die bedruipsous oor. Bak, onbedek, in 'n voorverhitte oond teen 180 °C vir sowat 30 minute. Draai die ribbetjies af en toe om.
3 Haal die ribbetjies uit die oondroosterpan en pak dit op 'n draadrakkie bo-op 'n skoon oondroosterpan. Plaas dit onder 'n voorverhitte roosterelement en rooster alkant tot goudbruin en klewerig.
Wenk As jy die ribbetjies oor die kole wil braai, moet jy hulle steeds eers in die oond gaarmaak by 180 °C, soos hierbo in stap 2 beskryf. Rooster hulle daarna oor die kole. As jy hulle van die begin af oor die kole rooster, sal dit brand voordat dit deurgaar is weens die suikerinhoud in die bedruipsous.