Wednesday 10 October 2012

VERSOETE GRONDBONE




Corne Van Zyl
 
500g rou grondbone (met rooi skilletjies aan)
500ml suiker
ekstra handvol suiker

knippie sout
250ml water
3ml rooi kleursel

Meng water en suikerin ‘n groot pan en kook oor lae hitte tot al die suiker opgelos is. Verhoog hitte en bring tot kookpunt. Gooi kleursel en sout by en roer goed. Gooi grondbone by en kook ongeveer 12 minute. Roer af en toe sodat die grondbone egalig versprei bly. Drup ‘n teelepelvol stroop in ‘n glas koue water. As die stroop ‘n kraakgeluid maak en bros word, het dit lank genoeg gekook. Verwyder die pan van hitte en roer aanhoudend met ‘n houtlepel totdat die stroop rondom die grondbone kristalliseer. Skep die grondbone op ‘n skinkbord met waspapier uit en strooi die ekstra handvol suiker oor. Laat staan om af te koel.

** Vantevore kon ons ‘n groterige plastiek sak vol grondbone by die kooperasie koop. Ek dink mens sal dit nog kry.