Wednesday 10 October 2012

Mieliepoffertjies met bros spek en heuning





Bestanddele

1 koppie koekmeel
1 eetlepel bakpoeier
2 eetlepels bruinsuiker of heuning
4 groot eiers
1 blik heel mielies
sout en gemaalde swartpeper na smaak
1 pak spekrepies, in blokkies gesny

Metode

Sif die meel en bakpoeier saam.
Voeg die eiers, mielies en heuning daarby en meng goed.
Geur na smaak met sout en swartpeper.
Die mengsel moet dik wees.
Verhit olie in ‘n braaipan en voeg lepels vol van die mengsel daarby.
Braai tot goudbruin en gaar.
Bedien warm met brosgebraaide spek, heuning en gerasperde cheddarkaas.

(RSG)