Tuesday 9 October 2012

Kersfees vrugtekoek - in die mikrogolf

MIKROGOLF VRUGTEKOEK (Santie Brunsdon bak elke jaar hierdie heerlike treffer.)

BESTANDELE:
500gram Droëvrugte mengsel
1 plak Dadels
250gram kersies
500ml pitlose rosyne
250ml sagte bruin suiker
250ml water
125g margarien of botter
5ml koeksoda
100gram neute gekap
500ml koekmeel
3ml van elk - bakpoeier, gemengde speserye, gemmer en sout
2 eiers
25ml brandewyn

METODE:
Sit vrugte, kersies, dadels, rosyne, suiker, botter en water in groot bak en mikrogolf op 100% krag vir 5 minute. Die bak moet bedek wees terwyl jy dit mikrogolf. Roer koeksoda en neute by vrugtemengsel en laat staan eenkant. Sif saam meel, bakpoeier, speserye, gemmer en sout en roer die meelmengsel by die vrugte mengsel. Klits eiers en brandewyn saam en voeg nou by bakmengsel. Vat 'n diep bak en voer die bodem uit met 'n paar lae kombuispapier. Skep beslag nou in bak bo op die kombuispapier en maak 'n holte in die middel. Bak nou 15 minute teen 100% krag op 'n omgekeerde piering. (jy sit die piering in jou mikrogolf onderstebo en sit jou bak bo op die piering). Laat afkoel tot lou en gooi so koppie brandewyn oor die koek en maak die koek toe met foelie sodra hy koud is om ryp te word. Na so 3 weke draai jy die koek om en gooi weer brandewyn en maak weer toe en herhaal die proses nog een keer. die proses is om die koek lekker klam te maak en net nog meer smaak te gee. Die koek is klam en as jy dink jy wil nie nog brandewyn opgoi nie kan jy dit los. Die koek kan lank gebere word en dan kan jy hom net versier na jou keuse.
Lekker bak en eet ek belowe die resep is 'n treffer en glad nie so duur soos meeste vrugte koeke nie.