Tuesday 9 October 2012

Blombakke in jou tuin

Blombakke wat gebou is in jou tuin, kan baie help met die rug wat nie meer wil buk nie. Dis ook oulike idee wanneer iemand in 'n rolstoel is want die persoon kan dan ook die bakke by kom en self groente of blomme plant en versorg.

Maak net seker dis nie te breed sodat jy nie die agterkant van die bak kan bykom nie. (Toets vooraf - so 'n arm lengte behoort te doen.)  Kan maklik met sement stene gebou word as jy nie 'n kenner is nie.