Friday 19 October 2012

Kerrieboontjies

Kerrieboontjies:
Vir elke 250 gr boontjies, volg die resep:
·     1 ui fyn gekap
·     90 ml wit asyn
·     90 ml wit suiker
·     5 ml Kerrie poeier (nie sterk nie)
·     5 ml Borrie
·     ½ tl sout
·     10 ml Maizina
Metode

1.  Maak boontjies skoon en sny in dun skyfies.  Gooi die boontjies en uie in ‘n pot met bietjie water en kook tot sag.
2.  Maak in ‘n ander potjie op die stoof die sous aan met die res van die bestandele en kook liggies tot dit begin verdik.
3.  Gooi die boontjies (afgewater) en die sous nou saam, bring tot kookpunt en skakel dan onmiddelik die hitte af.
4.  Laat afkoel en gooi in gesteriliseerde potjies. 
5.  Word koud bedien as slaai.
NS:  Indien die slaai te sterk is, kan jy die borrie en kerrie verminder na smaak.