Monday 8 October 2012

Kerrie eiervrug

Christel Stephenson

4 medium eiervrugte, geskil, in lang repe gesny
ongeveer 250ml melk
SOUS:
25ml olie
1 ui, in ringe gesny
2 knoffelhuisies, gekneus
1 Granny Smith-appel, in blokkies gesny
2 tamaties, ontvel en gekap
20ml matige kerriepoeier
25ml suiker
30ml wynasyn
10ml borrie
50ml vrugteblatjang
25ml tamatiesous
5ml braaispeserye
1 hoender ekstrakblokkie
500ml kookwater
12.5ml mielieblom

BEDEKKING:
500ml koekmeelblom, gegeur met sout en peper 2 eiers geklits
nog olie vir braai

Week die eiervrugte in melk. (Die melk moet dit heeltemal bedek wees)

MAAK INTUSSEN DIE SOUS AAN:
Verhit die olie in ‘n groterige pan. Braai die ui en knoffel liggies daarin. Voeg die appel en tamatie by en braai verder. Voeg die res van die sous bestanddele by behalwe die mielieblom. Verlaag die hitte en laat prut totdat ‘n dikkerige sous gevorm het. Meng die mielieblom met ‘n bietjie water en voeg by die sous. Roer goed en laat goed kook. Hou eenkant. Doop die geweekte eiervrugte in die gegeurde koekmeelblom en daarna in die geklitste eier. Verhit genoeg olie in ‘n pan en braai die eiervrugvingers daarin tot alkante bruin. Pak lae eiervrug en sous in ‘n platterrige skottel en plaas in die oond om die gereg goed warm te maak. (Dit kan ook warm voorgesit word.) ~ Peter-Jasies