Monday 8 October 2012

Eiervrug met soetrissie en tamatie

Christel Stephenson 

(bedien 4 persone)

30ml olyfolie
2 uie, fyngekap
5 knoffelhuisies, fyngekap
3ml sout
8 tamaties, geskil en gekap
2ml grofgemaalde swartpeper
60ml vars koljander
1 groen soetrissie, ontpit en in ringe gesny
2 eiervrugte, in ringe gesny
750ml olie

Verhit die oond tot 180°C. Braai die uie, knoffel en sout in die olyfolie tot dit deurskynend is. Voeg die tamaties en peper by en bring tot kookpunt. Laat prut stadig vir 1 uur. Voeg die koljander 15 minute voor die einde by.

Bestryk ´n bakplaat met olyfolie en plaas die soetrissie daarop en bestryk met olyfolie en sout. Rooster tot sag.

Diepbraai die eiervrug in die olie. Dreineer op ´n bord met papierhanddoek.

Skep ´n laag tamatiesous onder in ´n bak. Sit ´n laag eiervrug bo-op, ´n knippie fyn knoffel en dan die soetrissieringe. Herhaal tot die bestandele op is. (Kookkuns)