Monday 22 October 2012

INGELEGDE KERRIEVIS




Louise Groenewald
Omtrent 1,5 kg visporsies, gaar gemaak na smaak. Jy kan dit in 'n degie braai, sonder degie of net in die oond gaarmaak.
Sous:
Braai 3 uie, ringe gesny in 'n bietjie olie saam met 4 opgehoopde teelepels Amina's kerriepasta vir omtrent 5 minute. Voeg by omtrent 1 koppie asyn, halwe koppie suiker, halwe koppie water, paar peperkorrels, 3 lourierblare en bietjie sout. Kook vir 5 minute. Verdik effens met 'n bietjie Maizena.

Jy kan enige ander kerriepasta gebruik, of as jy dit nie in die hande kan kry waar jy woon nie, gebruik omtrent 2 eetlepels matige kerriepoeier saam met 'n eetlepel borrie. Braai dit ook saam met jou uie soos met die kerriepasta in die resep.

Plaas die gaar vis in lae met sous en uie tussen-in. Laat staan vir omtrent 3 dae in die yskas voor jy proe. Dit raak beslis beter hoe langer dit staan.