Wednesday 31 October 2012

Heel Groen Vye Konfyt


Bestandele:
500 g groenvye
1 liter koue water
1 liter kook water
5 ml kalk
2 vye blare

Stroop:
500g wit suiker
750 ml water
10 ml suurlemoensap of 1 ml wynsteensuur
1 stuk pypkaneel

Hou die stingels aan en skil dun of skraap die velletjie af.
Sny 'n kruis in die onderkant van elke vy.
Meng koue water en kalk, plaas vye in oplossing en laat oornag week.

Spoel onder koue kraan water af.
Plaas in 'n vuurvaste bak en voeg kookwater en blare by.
Bedek en plaas in mikrogolf 8-10 min by volle krag.
Meng al die stroop bestandele en roer tot die suiker opgelos het. Bedek en mikrogolf 10 min by volle krag. - roer 2 maal deur.
Gooi vye af en plaas in warm stroop. Mikrogolf 30 - 40 min by volle krag - roer dikwels.
Skep vrugte in flesse en giet warm stroop bo oor, laat effens afkoel voordat die flesse verseël word.
Die vye is pragtig groen hoor!

* In plaas van kalk gebruik 10 ml koeksoda op 1 liter water