Monday 22 October 2012

Gerooktehoender-en-broccolitert




Gerooktehoender-en-broccolitert - Idees Tydskrif

Genoeg vir: 4
Baktyd: 40 minute
Oondtemperatuur: 180 ˚C

• 15 ml groenteolie
• 15 ml botter
• 1 ui, gekap
• 250 g gerookte hoender, gekap
• 250 g broccoli, in blommetjies gebreek
• 30 ml gekapte pietersielie
• 500 ml (200 g) gerasperde cheddar
• 2 groot eiers
• 250 ml melk
• 50 ml bruismeel

1 Verhit die olie en botter in ‘n pan en soteer die ui vir twee minute tot sag. Voeg die hoender by en maak dit deurwarm. Voeg die broccoli by en roerbraai dit vir twee minute. Haal dit ban die plaat af en boeg die pietersielie by.
2 Skep die kaas en hoendermengsel in lae in ‘n gesmeerde oondvaste bak.
3 Klop die eiers, melk en meel saam en gooi dit oor die tert. Bak dit in die oond vir 30 minute of tot gestol en goudbruin.