Wednesday 19 September 2012

Zantedeschias vir 'n sonkolletjie in jou tuin

Zantedeschias - In Suid Afrika is hulle beskikbaar by kwekerye tot Oktober en kan nog geplant word tot November.
  Hulle hou van baie goed verrotte kompos en moet so 15 - 20 cm uitmekaar geplant word. Moenie elke jaar uitplant nie. As jy hulle in die grond los vermeerder hulle en blom in oorvloed. Die een op die foto is "Mango". Met sy oulike wit spikkeltjies op die blare, is hy 'n ware vrolikheid in die tuin. Hulle hou van volson en blom van November tot Januarie.  (Ek hoor mense praat ook in die volksmond van gekleurde varkblomme, gekleurde varkore en aronskelke.)