Friday 21 September 2012

Hoe om 'n kaasbord te maak

Gisteraand op Nataniel se eerste program op TV van die reeks Nataniel se Tafel, het hy gesels oor kaasborde.  Ek het dit so geniet, dat ek gedink het om hierdie met julle te deel as 'n oulike idee vir 'n onthaal.:
DIE PERFEKTE KAASBORD volgens Nataniel

JY BENODIG
1 harde kaas
1 sagte kaas
1 blou kaas
(Dis die wen resep.)

METODE
Rangskik kase met rooi en wit druiwe.

Ekstra Wenk:  Jy kan ook verskillende soorte kaasborde maak.  Een wat dalk net met olywe versier is of een wat met vye (gedroog of ingeleg) versier is.