Friday 7 September 2012

Van der Hum-likeur


Van der Hum-likeur is 'n eg Suid-Afrikaanse produk. Jy kan jou eie Van der Hum probeer maak met hierdie resep - die resep is ouer as 100 jaar.

3 koppies brandewyn
2 eetlepels nartjieskil, in stukkies geknip
6 kruienaeltjies
2 stukke pypkaneel
1 teelepel neutmuskaat
225 g suiker
250 ml water

Kneus die kruie effens en plaas dit in 'n moeseliensakkie in 'n erdehouer met 'n deksel.
Plaas die nartjieskil in die houer en gooi die brandewyn oor en maak dig toe.
Laat dit so staan vir 'n maand, skud net soggens en saans.

Na 'n maand kook jy 'n lekker dik stroop van die suiker en water.

Gooi die brandewyn deur filtreerpapier en voeg by die stroop.