Friday 7 September 2012

Spuitstof vir jou groente

Druk 3 knoffelbolle fyn. Neem sowat 10 rissies (gebruik die skerpste rissies wat jy kan kry) en maak dit fyn. Meng die knoffel en die rissies met 2 liter water en laat staan dit vir twee weke in ’n glashouer. Gooi die mengsel in ’n spuitkannetjie en spuit dit op en om jou groente. Geen gogga sal dit gou weer naby waag nie! Jenny strooi ook rissiepoeier tussen haar saailinge om hulle teen slakke en ander goggas te beskerm.