Monday 17 September 2012

Oond Vatlappies

Kersfees self gemaakte geskenk idee:
Enige vrou of selfs 'n man wat hou van braai, sal so 'n tuis gemaakte geskenk waardeer.  Daardie afval lappies wat so die wereld vol rondlê en net jou kas vol maak - gebruik hulle om oond vatlappies te maak as kersgeskenke.  Jy het nie eens spesiale patrone nodig nie. 

Vierkantige lappies is ideaal vir die persoon om ook as "potstaander" op 'n tafel te gebruik so dink mooi watter kleurskema jy gaan gebruik.  Gebruik sommer jou eie vatlappies in die kombuis as patroon indien jy benodig.

Dis iets wat jy maklik aanmekaar kan slaan as jy hou van naaldwerk en jy kan dit selfs afrond deur die persoon se voorletters daarop vas te werk of te borduur.  (Dit maak die geskenk net nog meer spesiaal.)