Monday 17 September 2012

Kersfees tuis gemaak - geskenk idees

Kersfees self gemaakte geskenk idee:

Die winkels behoort nou oral die oulikste houers te begin uitpak wat jy kan gebruik om jou geskenke in te verpak vir kersfees.  Hier is 'n paar idees wat jy self kan maak:

  1. Vul kartondose met koekies wat jy self gebak het, sit 'n groot rooi lint daarom en siedaar jou geskenk is baie spesiaal. 
  2. Jy kan ook lekkergoed wat jy self gemaak het so verpak.  (Kyk vir resepte hier op ons blog)
  3. Jy kan dalk ook vier potjies van daardie heerlike konfyt wat jy self kook so in die kartondoos verpak en iemand verras met 'n geskenk wat hulle sommer op die kerstafel kan gebruik of dalk kan hou tot die nuwejaars feesvieringe begin.
Tuisgemaakte - Self gebakte geskenke is geskenke wat sê:  Ek gee om en het al my tyd en liefde in jou geskenk gesit om dit spesiaal te maak.