Sunday 16 September 2012

Mieliebroodjie / Cornbread

Hierdie broodjie is vinnig en maklik om te maak.  Een uur later het jy 'n heerlike tuisgebakte broodjie wat die familie beslis sal geniet, en die lekkerste hiervan is dat jy net alles meng en bak.

500g Bruismeel
½ TL Sout
1 K Melk
2 Eiers
1 blikkie “Creamstyle corn” (Room mielies)
200g Cheddar kaas (gerasper)

Voorverhit oond tot 175 grade en smeer broodpannetjie goed met botter / margarien.
Meng al die bestandele behalwe die kaas.
Gooi mengsel in broodpan en gooi die kaas bo-oor die broodjie.
Sit in oond vir 1 uur of tot goudbruin en deur gaar.