Friday 14 September 2012

Maklike Roosterkoek






500 g Bruismeel (1 pakkie)
340 ml bier ( 1 blikkie)
5 ml (1 t) sout
olyfolie

Meng die bestanddele deeglik en knie.
Vorm die roosterkoekies en smeer dit met olyfolie. Rooster dit 20 minute lank oor baie stadige kole. Draai dit gereeld om.

Variasie
Voeg 5 ml (1 t) gekapte knoffel, 125 ml (1/2 k) gerasperde Cheddarkaas en 'n gerasperde ui by.