Friday 14 September 2012

Babymarrows

Lekker vinnige Babymarrows. (my eie resep)
Sny marrows in ringetnies. Braai een middelmatige ui in bietjie olie. Gooi een pakkie gesnipperde sampioene in en braai. Voeg marrows by en braai oor middelmatige hitte. Roer kort kort sodat dit nie brand nie. Gooi bietjie olie by indien nodig. Gooi sout, en gemaalde swart peper in net voor opdiening anders maak die marrows waterigheid.
VARIASIE
Jy kan ook bacon na die uie braai voor jy die res bygooi. Of jy kan gekapte tamaties heel laaste bygooi en knoffel of enige ander speserye waarvan jy hou ook bygooi voor jy dit bedien.
Heerlik saam met enige vleis, en artappels of rys. Selfs heerlik saam met braaivleis.