Turksvye konfyt
Ria N. Pieterse
Skil 1kg ongeveer 10-12 klein -mediumgroot turksvye..daar gaan soveel in 'n heuningbottel, prik met langtandvurk dwarsdeur turksvy, kook in 1liter water tot deurskynend raak, dreineer. Gebruik water vir stroop, voeg 4kop suiker by water plus halwe suurlemoen se sap en roer tot al die suiker opgelos is,
laat kook die stroop en skep die turksvye een een in kokende stroop, stel stoofplaat af tot nr 4-5 en kook konfyt tot stoop soos lawa borrel en vrugte heeltemal deurskynend is. Ongeveer 4ure se kook, bottel warm in warmbottels en deksels. Die vrugte behoort heel te bly.