Friday 6 July 2012

Outydse Melkkos

1 1/2 k koekmeel
1/4 t sout
300 ml water
900 ml melk
125 g botter

Voeg die sout by die meel. Vryf die botter in die meel in. Moenie `n deeg maak nie. Kook die melk en water saam. Roer die meel mengsel in en roer voortdurend. Bedien dadelik met kaneelsuiker.