Monday 9 July 2012

Die hoendersult - Boerekos




Bestanddele:
1,5 kg rou hoenderporsies
olie vir braai
2 t kruinaeltjies, grofgestamp
1 E koljandersaad, grofgestamp
1 t sout
¼ t fyn witpeper
3 groot lourierblare
suurlemoensap van 2 suurlemoene
1 E wit asyn
1 ℓ kookwater
1 koevertjie gelatien
1 k warm water
4 hardgekookte eiers

Metode:
Trek die vel van die hoenderporsies af.
Braai die hoenderporsies in ʼn bietjie kookolie.
Stamp die kruinaeltjies en koljandersaad en strooi oor die porsies.
Geur met sout en peper en sit die lourierblare by.
Gooi die suurlemoensap, wit asyn en kookwater oor die hoender en laat prut vir ongeveer een uur.
Lig die hoenderbene uit en gooi weg.
Smelt die gelatien in die warm water en meng dit met die fyngekookte hoender.
Skep dit in ‘n skottel en versier met hardgekookte eierskyfies.
Laat afkoel en sit dit in die yskas.