Thursday 5 July 2012

Biddy se boerewors-quiche

Bestanddele

Deeg
1 koppie koekmeel
1 koppie gerasperde kaas
125g botter of margarine

Vulsel
2 uie, opgekap
2 koppies melk
4 eiers
2 koppies kaas, gerasperde
1 koppie ongegeurde joghurt
½ teelepel rooipeper
handvol pietersielie

knypie sout en peper
1 koppie halfpad gebraaide boerewors, in stukkies gesny
gerookte paprika

Metode

Deeg
Meng al die bestandele en vul 'n tertbak se bodem daarmee.

Vulsel
Plaas uie en melk in mikrogolfbak en kook vir 20 minute.
Meng intussen die res van die bestandele en voeg die melkmengsel en boerewors by.
Sit in tertbak, strooi paprika oor en bak teen 180 grade vir 35 minute