Thursday 5 July 2012

3 bestandeel brownies

Reynel Van Wyk Kruger
2 koppies koekiekrummels (enige koekies), 1 blik kondkensmelk en 1 of 2 koppies chocolate chips of 'n slab wat jy klein opbreek. Die hoeveelheid van die sjokolade maak nie so erg saak nie.

Meng alles, moenie alles op proe nie en sit in 'n langwerpige goedgesmeerde glasbak in jou mikrogolfoond. Mikro vir so 5 minute, die kondensmelk gedeelte sal so opstyg, kyk na 5 minute of dit oral opgestyg het, en
mikro nog tot jy dink dit is reg. Ek doen myne gewoonlik enige iets tussen 5 en 8 minute, afhangend van wat ek sien.

Sny in blokkies, worstel 'n bietjie om dit uit die bak te kry en smul. :-) Jy kan dit maklik dubbeld aanmaak, dan is die 'brownies' ho-er.
Ek gebruik soms 'n hele pakkie koekies en steur my nie aan 2 koppies nie. Het dit al met digestive biscuits gemaak en ook met Romanycreams.