Friday 29 June 2012

Winter tuin werk

Die begin van winter is die ideale tyd om te begin met jou beplanning vir jou somer groentetuin. 

Dink solank waar in jou tuin die beste plek gaan wees om die groente te plant en maak dan die groente plantbakke gereed.  Hou al die blare wat van die bome afgeval het en gooi dit in jou plantbakke met 'n bietjie grond bo-oor om dit vas te hou.  Teen lente tyd gaan jy goeie grond he gereed vir plant tyd sonder dat dit jou 'n plaas se geld gekos het.