Monday 11 June 2012


30 ml botter (2 eetlepels)
250 g meel (1 koppie)
2,5 ml koeksoda (½ teelepel)
250 ml melk (1 koppie)
250 ml fyn appelkooskonfyt
2 eiers
15 ml asyn (1 eetlepel)
5 ml sout (1 teelepel)

SOUS
500 ml vars room (2 koppies)
2 eiers - geklits
250 ml suiker (1 koppie)

Vryf die botter in die meel.
Los die koeksoda in die melk op en meng dit met die res van die bestanddele.
Roer dit by die meelmengsel.
Bak teen 180 ˚ C tot gaar – dit duur ongeveer 40 minute.
Laat afkoel.
Gooi die sous oor en laat die koek droogbak – ongeveer 10-15 minute.
Sit voor met ekstra room. (nie rêrig nodig nie.)