Wednesday 13 June 2012

Maammaalvleisballetjies

Santie Carelse
Heerlike winter-maalvleisbolletjies:
1kg maalvleis
2 Snye witbrood sag gemaak in water en uitgedruk
2 eiers
Sout, peper, neut en naeltjies na smaak.
Maammaalvleisballetjies en plaas in gesmeerde bakplaat

SOUS:
Braai saam:
2 uie en voeg by 2 eetlepels meel -
6 eetlepels asyn -
1 eetlepel kerrie -
2 koppies water -
half teelepel gemmer -
1 teelepel borrie.
Sout en peper na smaak.
Bring tot ''kook''.....
Gooi oor maalvleisballetjies.
Snipper 3 of meer piesangs oor.
Bedek en bak in oond vir ongebeer 40 minute op 190 grade.