Monday 11 June 2012

Pampoentert




Bestanddele:
3 k pampoen
1 kaneelstok
1 E suiker
1 k meel
4 t bakpoeier
1 k suiker
4 E gesmelte botter
2 eiers
1 t sout
1 k room
kaneelsuiker vir strooi

Metode:
Kook die pampoen met die kaneelstok en suiker, tot dit sag is en drooggekook het.
Druk die pampoen fyn. Roer die meel, bakpoeier, suiker, botter en sout by.
Laastens kom die room by.
Meng goed, gooi in ‘n gesmeerde oondskottel en strooi kaneelsuiker oor.
Bak vir 30 minute teen 180º C.