Tuesday 5 June 2012

Mynardt Joubert se skaapafval





(Boerekos)

Bestanddele:
1 skaapafval (kop, pens en pootjies)
2 E botter
2 E sonneblomolie
2 fyngekapte uie
1 t bruinsuiker
½ t heel vinkel
1 t heel koljander
3 lourierblare
4 knoffelhuisies, gekap
sout en peper
1½ k witwyn
kookwater om te bedek
10 klein aartappeltjies
10 klein uitjies

Metode:
Om Mynhardt se afval te maak, braai die afvalstukkies in botter en sonneblomolie en skep dit uit.
Braai dan die uie in dieselfde olie, met bruinsuiker oorgestrooi.
Sit die afval terug in die pot en geur met vinkel, koljander, lourierblare, knoffel, sout en peper.
Giet 1½ k witwyn by en genoeg kookwater om die afval te bedek.
Kook vir ongeveer drie en ‘n half uur.
Voeg nou die klein aartappeltjies en uitjies by en kook tot sag.
Bedien met stampkoring of witrys.