Tuesday 5 June 2012

Bertus Bester se lamskerrie





(Boerekos)

Bestanddele:

2 kg lamstowevleis
kookolie
2 gekapte uie
5 knoffelhuisies
1 t varsgekapte groengemmer
1 E masala
2 E kerrie
1 E borrie
1 E fyn koljander
1 t fyn komyn
2 heel steranyse
5 kardemomsade
3 vars lourierblare
Growwe sout en –peper
1 pypkaneel
5 E appelkooskonfyt
10 klein uitjies
3 geelwortels, opgekap
1 handvol geweekte droëperskes
1 blik gekapte tamaties
6 aartappels in kwarte gesny
Kookwater

Metode:

Hierdie resep is genoeg vir ses mense.

Braai die lamsvleis in die kookolie tot bruin en skep dit uit.

Braai dan die uie, knoffel en groengemmer en sit die vleis terug.

Gooi die masala, kerrie, borrie, koljander,komyn, steranys, kardamomsade, lourierblare en sout en peper, pypkaneel en appelkooskonfyt by en roer deur.

Gooi dan die uitjies, geelwortels, droë perskes, tamaties, aartappels en genoeg kookwater by.

Laat stadig prut.