Wednesday 13 June 2012

MA SE BRUINPOEDING




Let wel: Ou meet mates
Voorverhit oond op 180° en bak 35-40 min
¾ koppie suiker
1 koppie meel
1 ½ eetlepel asyn
1 eier
1 hoog vol eetlepel appekooskonfyt
1 teelepel bakpoeier
1 teelepel koeksoda
Plus minus ¾ k melk (om beslag aan te maak)
Smeer bak en voeg beslag in.


Metode”

1. Klits eiers
2. Voeg suiker by
3. Voeg res van bestanddele een vir een by en voeg melk by.

Stroop
1. ¾ koppie suiker
2. Koppie melk of Ideal melk
3. ¾ koppie botter
4. Smelt alles saam as stroop begin kook skakel af

Wanneer gaar gooi stroop dadelik oor poeding
Ek het Sondag vir die eerste keer die beslag in muffin pannetjies gebak, dieselfde tyd. moet net nie die pannetjies meer as die helfte vul nie anders loop dit oor die rand as dit gaar word en gaan jy sukkel om die stroop oor te gooi.. Op hierdie manier is elkeen deurtrek van die stroop.. (ek belowe) baie baie lekkerder as in 'n groot bak..
Hierdie is beproef en ek waarborg die resultaat.. dit is vinnig en maklik... geniet dit.