Wednesday 13 June 2012

Heerlike viskoekies


Erna Conradie

1 groot blik sardyne
1 groot ui
1 eier
3 eetlepels semels( indien verkies)
40g koekmeelblom
½ teelepel sout
bietjie peper (indien verkies)
olyfolie
Sardyne word fyn gemaak (met sous in blik)
kap die ui fyn.(afgeskil)
klits die eier nou
Meng al die bestanddele, behalwe die olyfolie.
Gebruik 'n swart boompan en verhit olyfolie daarin.
Gebruik 'n dessertlepel vol van die vismengsel en skep dit in die matig warm olyfolie in die swart boompan.
Bak die viskoekies mooi bruin aan weerskante.
Dreineer dit op handdoekpapier.
Geniet dit!...lekker eet!