Tuesday 5 June 2012

Heel lam rugstring in foelie...




Michael Coetzee
Vir die van julle wat die naweek genoeg tyd het gedurende en na die rugby, moet julle miskien hierdie rugstring probeer.

Heel lam rugstring in foelie...

Neem die rugstring en laat saag deur die been maar moenie die punte van die choppies van mekaar losmaak nie. Jy moet dus die rugstring kan oopmaak soos 'n konsertina sonder dat die dele los is van mekaar.

Geur met sout, swartpeper en hoenderspeserye en worcestersous. Stop met skyfies suurlemoen. Draai toe in foelie en braai stadig oor die kole tot sag. Wanneer die rugstring amper gaar en sag is, haal uit die foelie en braai verder op rooster en bedruip met Jimmy's...